Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Krag van die siel
Krag van die siel
Krag van die siel
Ebook107 pages1 hour

Krag van die siel

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Paul Rodney Turner, internasionale direkteur van Food for Life Global, die wêreld se grootste netwerk van organisasies wat plantgebaseerde voedsel voorsien, het ’n nuwe boek in die selfhelp-genre uitgebring, genaamd Krag van die siel – Vyf edel waarhede vir ’n suksesvolle lewe. Die boek se inhoud is gegrond op sy 35 jaar ervaring as ’n praktisyn van die Bhagavad-gita.

Dit is ’n opvolg op sy vroeëre boek, die hoogaangeskrewe, FOOD YOGA – Nourishing Body, Mind & Soul wat hom wêreldroem besorg het as die Food Yogi.

“Een aand in New York, terwyl ek pen in die hand by die tafel gesit en effens mismoedig gevoel het, het ek myself die eenvoudige vraag gevra: Wat is spesiaal aan my?

Ek het my pen toegelaat om te vloei sonder om te veel oor die antwoorde na te dink, en tot my verbasing het ek met vyf verklarings vorendag gekom. Dis maklik om te onthou, en soos julle sal sien, het dit raakpunte met die kern van ons bestaan.

So is die vyf edel waarhede, wat nou rigting in my lewe verskaf, gebore: Ek is kragtig; Ek is beskerm; Ek is volmaak; Ek is prasadam; Ek is voorspoedig,” het hy verduidelik.

Turner hoop dat hierdie verklarings mense die vertroosting, krag en die wysheid sal besorg wat hulle nodig het om sukses in die lewe te behaal en om hulle te herinner presies hoe ongelooflik hulle as geestelike siele is.

In die uitbreiding van die betekenis van elke verklaring, het Turner die leringe van verskeie esoteriese en geestelike tradisies gebruik, met spesiale verwysing na die Vediese geskrifte. “Ek het die boek in wese vir myself geskryf,” sê hy. “Terwyl ek besig was om elke woord te tik, het ek die rol van empatiese vriend wat bemoediging bied, aangeneem. Elke woord in hierdie boek is met die uiterste opregtheid en ter bemoediging deur die hand van ’n vriend geskryf.”

’n Verklaring is ’n bevestiging van iets wat waar is. Turner hoop dat lesers aanklank sal vind by die verklarings in Krag van die siel soos wat hy daarby aanklank gevind het; en dat hulle dit sal aanneem en toepas binne die konteks van hul eie geestelike tradisie.

“Elkeen van hierdie verklarings is gegrond op die uitgangspunt dat ek en jy en alle lewende dinge op hierdie planeet siele is – ewige, verpersoonlikte vonke van die Skepper, onverbonde aan tyd, en die ware essensie van wat ons bewustelike wesens maak, “ verduidelik hy.

Om die verbale verklarings aan te vul, het Turner ook geometriese ekwivalente (yantras) vir elke verklaring voorsien wat die leser sal help in hul meditasie.

Krishna Dharma, ’n ISKCON-skrywer praat met groot lof van die boek:

“Daar word gesê dat die grootste wysheid is om jouself te ken. In hierdie uitstekende en fassinerende boek stel Paul Rodney Turner ons bekend aan die vyf lewensveranderende waarhede oor wie en wat ons werklik is. Deur skrifte uit verskillende geestelike tradisies te gebruik, veral die Sanskrit-tekste van Indië se Vediese leringe, wys hy dat ons veel wonderliker is as wat ons ons ooit sou kon verbeel.

Hy bied ons vyf kragtige meditasies, elke vergesel van ’n mistieke yantra wat die essensiële waarheid beliggaam en help om die bewussyn te verruim. Deur hierdie waarhede oor die self diep te bepeins, en saam met die yantras te gebruik, sal jy verseker bemagtig word om jou lewensdoelwitte te bereik en ’n diepgaande en standhoudende vrede en innerlike geluk te ervaar.”

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateMar 13, 2021
ISBN9781071592410
Krag van die siel

Related to Krag van die siel

Related ebooks

Related articles

Reviews for Krag van die siel

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Krag van die siel - Paul Rodney Turner

    INHOUD 

    Inleiding ...............................................................................................

    Die gebruik van verklarings ........................................................  

    YANTRA-MEDITASIE ............................................................

    EK IS KRAGTIG ......................................................................

    Krag .......................................................................................................

    Potensiaal (kinetiese energie) ...................................................

    Ons is klein godjies ........................................................................

    Bestuur van ons gees en ons karma ..............................................

    Belyning met jou kern ...................................................................

    Praktiese Namaste ..........................................................................

    Suiwerste liefde ...............................................................................

    Die siel is ongebore en onsterflik .............................................

    Losmaking ........................................................................................

    Hantering van verkleefdheid ....................................................

    Die wetenskap agter bomenslike kragte .............................

    EK IS BESKERM ....................................................................

    Gevoel van veiligheid ....................................................................

    Gemoedsrus ......................................................................................

    Beheer oor die denke van die massas ...................................

    Interafhanklikheid .........................................................................

    Die sinergie van alle dinge ..........................................................

    Is ons vir vrees geprogrammeer? ............................................

    Ons is nooit alleen nie – net vergeetagtig ............................

    EK IS VOLMAAK ....................................................................

    Kom in voeling met jou essensie ..............................................

    Wees lief vir jouself .......................................................................

    Die waarheid agter charisma ....................................................

    Jy is enig in jou soort .....................................................................

    Aanvaarding .....................................................................................

    Moenie dat eksterne illusies jou aandag aflei nie ............

    Skop pessimisme uit .....................................................................

    Hoe ek my innerlike volmaaktheid vrygestel het ............

    EK IS PRASADAM .................................................................

    Genade ................................................................................................

    Gelyk aan God in eienskappe .......................................................

    Tyd is 'n illusie .................................................................................

    Interafhanklikheid .........................................................................

    Simpatie en empatie .....................................................................

    Selfloosheid ......................................................................................

    Seën ander .........................................................................................

    Diensbaarheid ..................................................................................

    Die gopi’s (dorpsmeisies)..............................................................

    EK IS VOORSPOEDIG ............ ...............................................

    Die aantrekkingswet .....................................................................

    Jy verdien die beste .......................................................................

    Ons is almal gelyk ..........................................................................

    Die reën diskrimineer nie ..........................................................

    Ons is erfgename ...........................................................................

    ’n Bewussyn van voorspoed .....................................................

    Selftevredenheid ...........................................................................

    Voorspoed is meer as finansiële sukses ..............................

    Ek verdien dit nie ..........................................................................

    Breek weg uit kondisionering van die verlede ...............

    Wat dra ons aan ons kinders oor? ..........................................

    Wat is epigenetika? .......................................................................

    Hoe kan ek my DNS herprogrammeer? ..............................

    Dankbaarheid .................................................................................

    TER AFSLUITING .................................................................

    WAT IS ’n YANTRA? ...........................................................

    Simbole en hul geheime betekenis ........................................

    Doelwitte en oogmerke van yantras ....................................

    Gebruike van yantras ....................................................................

    My pad na yantras ........................................................................

    Kartering van yantras .................................................................

    WAT IS ’n SIELSYANTRA? ................................................

    OOR DIE SKRYWER ............................................................

    Inleiding

    Een aand in New York, terwyl ek pen in die hand by die tafel gesit en effens mismoedig gevoel het, het ek myself die eenvoudige vraag gevra:  Wat is spesiaal aan my?

    Ek het my pen toegelaat om te vloei sonder om te veel oor die antwoorde na te dink, en tot my verbasing het ek met vyf verklarings vorendag gekom. Dis maklik om te onthou, en soos julle sal sien, het dit raakpunte met die kern van ons bestaan. So is die vyf edel waarhede, wat nou rigting in my lewe verskaf, gebore: Ek is kragtig; Ek is beskerm; Ek is volmaak; Ek is prasadam; Ek is voorspoedig.

    Ek hoop hierdie verklarings bring vir jou die vertroosting, krag en wysheid wat jy nodig het om sukses in jou lewe te behaal, en dat dit jou ook sal herinner presies hoe ongelooflik jy is.

    In die uitbreiding van die betekenis van elke verklaring, het ek op die leringe van verskeie esoteriese en geestelike tradisies gesteun, met ’n spesiale verwysing na die Vediese geskrifte. Ek het die boek in wese vir myself geskryf. Terwyl ek besig was om elke woord te tik, het ek die rol van empatiese vriend aanvaar wat bemoediging bied. Elke woord in hierdie boek is met die uiterste opregtheid en ter bemoediging deur die hand van ’n vriend geskryf.

    ’n Verklaring is ’n bevestiging van iets wat waar is. Ek hoop dat jy aanklank sal vind by hierdie verklarings soos wat ek daarby aanklank gevind het, en dat jy dit sal aanneem en toepas binne die konteks van jou eie geestelike tradisie.

    Elkeen van hierdie verklarings is gegrond op die uitgangspunt dat ek en jy en alle lewende dinge op hierdie planeet siele is – ewige, verpersoonlikte vonke van die Skepper, onverbonde aan tyd, en die ware essensie van wat ons bewustelike wesens maak.

    Om die verbale verklarings aan te vul, het ek geometriese ekwivalente (yantras) voorsien wat jou sal help met jou meditasie. Ek verduidelik die geskiedenis en doeltreffendheid van yantras in die laaste paar hoofstukke van die boek.

    Ons geestelike reis is ’n baie persoonlike een, want geen twee mense loop dieselfde paadjie nie – selfs nie diegene binne dieselfde godsdienstige gemeenskap nie. Jy moet jou eie weg baan op die pad van regverdigheid. Bon voyage, dus!

    Ek bied hierdie vyf edel waarhede met liefde vir jou aan.

    Paul Rodney Turner

    Die gebruik van verklarings

    Verklarings was nog altyd ’n belangrike deel van die geestelike tradisie. Die uitdrukking van ’n positiewe en hartstogtelike verklaring aan jouself kan net dien om die onderneming om die beste jy te wees, te versterk en om die verwagtinge van ander te verhoog en te voed.

    Verklarings kom in vele vorme, waaronder mantras, die geskrewe woord en yantras – die antieke kuns van heilige geometrie.

    ’n Deel van die uitdaging om ’n positiewe uitkyk op die lewe te inkorporeer, is die nodigheid om eers die gees (mind) te herprogrammeer om só te reageer dat dit voordelig is vir jou begeerde doelwit. Vir te lank reeds het ons toegelaat dat ons gees besoedel word deur die selfsugtige begeertes van besighede met hul vals advertensies. Gevolglik ervaar ons nou dat korporatiewe bemarkingsboodskappe ’n integrale deel van taal en kultuur geword het. Om ’n sneesdoekie te gaan haal, het geword om ’n Kleenex te gaan haal; om naelpolitoer aan te wend het geword, om Cutex aan te wend. Met ander woorde, hierdie aksies het sinoniem geword met korporatiewe handelsmerke.

    Die eerste stap op die pad van selfbemagtiging is om die aktiwiteite van ons eiesinnige gees te monitor. Neem die tyd om jou instinktiewe reaksies op inligting en die ervaringe wat rondom jou ontvou, waar te neem, en besluit objektief of daardie reaksies gewens is of nie. Dit is waarskynlik nie gewens nie en besorg jou waarskynlik onnodige kommer en swaarkry.

    Wanneer jy die moeite doen om die vals programmering in jou gees en enige negatiewe invloede wat van buite af kom, uit te skakel deur herhaaldelik jou siel se briljantheid met verklarings te bevestig, sal jy gou ontdek presies tot watter mate jy jouself toegelaat het om verslaaf te raak.

    Ek beveel sterk aan dat jy hierdie vyf edel waarhede gebruik om jou briljantheid op ’n daaglikse basis te bevestig.  Jy sal agterkom dat dit die beste werk as jy dit heel eerste in die oggend doen en net voor jy gaan slaap in die aand. Kalmeer jou gemoed, en sê dit dan

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1