Albertha Magdalena (Alba) Bouwer is op 16 Maart 1920 op ’n plaas naby Vredefort in die Vrystaat gebore. Ná die dood van haar pa keer die gesin terug na haar ma se familieplaas in Klein Drakenstein,...view moreAlbertha Magdalena (Alba) Bouwer is op 16 Maart 1920 op ’n plaas naby Vredefort in die Vrystaat gebore. Ná die dood van haar pa keer die gesin terug na haar ma se familieplaas in Klein Drakenstein, naby die Paarl. Alba matrikuleer aan Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Ná ’n paar jaar as onderwyser begin sy by die SAUK in Kaapstad werk as samesteller en aanbieder van kinderprogramme voordat sy haar in 1950 aansluit by die redaksie van die Sarie Marais, waar sy dertien jaar assistant-redakteur is. Later jare woon sy op Riversdal en Somerset-Wes. Sy is in 2015 oorlede.view less