Ná ’n BA en diploma in Vertaling aan die US het Annelie Ferreira as taalpraktisyn en subredakteur by Sanlam se Taaldienskantoor en Human & Rousseau Uitgewers gewerk. Daarna volg de...view moreNá ’n BA en diploma in Vertaling aan die US het Annelie Ferreira as taalpraktisyn en subredakteur by Sanlam se Taaldienskantoor en Human & Rousseau Uitgewers gewerk. Daarna volg deeltydse- en vryskutwerk vir ’n verskeidenheid uitgewers en publikasies. Sy publiseer ’n aantal nie-fiksieboeke, asook ’n roman, Hoekom honde nie kan sing nie. Sy was die samesteller van Paaie, ’n boek oor verskillende godsdiensperspektiewe. Sy is getroud, met twee dogters, en bly tans in Bristol, Engeland, waar haar man as aktuaris werk. Sy reis gereeld terug na hulle huis in Durbanville. Haar jeugroman Tot siens, koning Arthur word bekroon as die Goue Wenner: Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2012 en die M.E.R.-prys vir jeugroman in 2013.view less